
(kliek op cd om te luister)
Liedjie vir jou
Ek dink
vannaand aan jou
en aan die
wilde kus se glowe
Ek dink
vanaand aan jou
En aan die
eindelose strand
Ek dink aan
rotskastele
Watervalle
na benede
En beeste
padjies sukkel oor die rand
KOOR:
En ek
wens dat ek my liedjie vir jou
en ek
weet dat jy die woorde sal verstaan
En ek
wens dat ek my liedjie vir jou
En ek
weet dit sou weer ‘n vonkel in jou oë bring
Ek dink
vanaand aan jou
En aan die Visriviervallei
Ek dink
vanaand aan jou
En aan sy
kronkel kronkel kronkel
Ek dink aan
stroom versnellings
Aan die koue
winter nagte
En
kampvuuraande op die goudgeel sand
KOOR
Ek dink
vanaand aan jou
En aan die
blou blou Kaapse berge
‘n
Sprokiesland in bleekwit
op ‘n
helder stêrlig aand
Ek dink aan
waterpoele
wit proteas
teen die hange
Maar somtyds
vir ‘n oomblik net aan jou
KOOR