(kliek op cd om te luister)

Toktokkie medley

Sê my of jy weet wat ek dink vra my dan vertel ek vir jou

Jy is spesiaal vir my vra ek jou dan sê jy vir my

Vêrder as die vêrste en ‘n entjie verby

Dieper in die diepste sal jy swem vir my

Hoër as die hoogste waar die winde draai

Tussen die sterre sal jy vir my waai

Hey toktokkie moenie vir my jok nie

Dis heuning om my mond waar jou lippe nou moet wees

Hey toktokkie moenie vir my jok nie

Dis woorde wat ek eerder in jou oë sou wou lees

 

Jy wat daar eenkant staan

Jou silhouette weerspieël in die maan

Ek wil so graag met jou dans

Kyk tog na my en gee my ‘n kans

Want jy is so mooi die jagter

En ek is die prooi, die nooi wat jou wil hê

Noem my jou vlooi, jou lappop

Want jy is so mooi, die een wat ek wil hê vanaand

 

Die tye verander, die dae al hoe langer

En ons twee maak ons tuis vêr van die sandwoestyn

Ons reis op ‘n wolkie, hoog bo ek en my bokkie

En ons twee bou ons huis daar waar die son nog skyn

En ons reis op ‘n wolkie x2

 

Een wintersaand nie baie lank gelede

Ek onthou dit nog soos gisteraand

Dit was koud en nat al die reën teen die venster

in die middel van die donker het my hart gebrand 

Ooo ek verlang na jou

Ek wonder waar is jy nou

Maak toe jou oë dan droom jy van my

Aan ons tye saam met my aan jou sy

Eks nog jou engel uit ‘n Hemelse lig

Maak toe jou oë daan dink jy terug

Aan my